Oor my

Ek is ‘n professionele Verslawings Berader asook ‘n Spesialis Welstand Berader, geregistreer by die Board of Addiction Professionals South Africa (M0001232) en die Association for Supportive Counsellors and Holistic Practitioners (Registrasie nommer SWC18/280). Meer onlangs het ek nou ook gekwalifiseer as ‘n Gesertifiseerde Professionele Herstel Afrigter (Certified Professional Recovery Coach). Ek is gebore, getoë en gegradueer in Johannesburg. Ek het begin met ‘n BA Geesteswetenskappe, hoofvakke Sielkunde en Sosiologie, by die dan Randse Afrikaanse Universiteit (nou University of Johannesburg). Ek het dit opgevolg met ‘n Honneursgraad in Sosiologie, met spesialiteitsrigtings Gesins- en Industriële Sosiologie, saam met Groepsdinamika. Ek het my as Berader gekwalifiseer deur Unisa. My professionele belangstelligs is verslawing, in enige vorm en manifestasie (van alkoholisme en dwelms na kos, seks, liefde en enige vorm wat verslawing kan neem), selfbeeldverryking, verlede en huidige trauma, woede beheer, stres en angs. Ek het ‘n spesiale liefde vir twaalf stap begeleiding en bystand aan die geliefdes van verslaafdes.

Ek glo sterk daarin dat die mag van verbale ontlading (praat oor probleme) nie genoeg waardeer en gebruik word nie. Ons almal gaan soms deur uitdagende en moeilike tye in ons lewens, maar ons kan nie daardeur kom nie, maar selfs daardeur. Deur met die regte persoon te gesels en sy/haar leiding en ondersteuning te gebruik, kan jy jouself ontwikkel in die beste JY wie ooit wil wees.