Freddie van Rensburg

Hallo. Ek is Freddie. Ek is ‘n Verslawings Berader asook ‘n Spesialis Welstand Berader.

Ek kan jou help om jou eie hanteringsmeganismes te identifiseer. Waamee jy ookal sukkel – hetsy dit stress, angs, nie-kliniese depressie, verhoudings, kommunikasie, dwelmverslawing, alkoholisme (of dwelm- en alkoholmisbruik), prosesverslawings (soos kompulsiewe ooreet en ander eetversteurings, geliefde van iemand in versalwing or in hersetl, seksverslawing, liefde-, skerm- of dobbelverslawing), trauma en slegte selfbeeld – jy besit alreeds die vaardighede om dit te hanteer. Kontak my op my “Kontak my” bladsy of bel my om meer inligting hieroor te kry.

Ek gaan jou help om hierdie vaardighede te ontdek en jou afrig in die effektiewe gebruik daarvan.

Ek bied ook groep berading aan oor die volgend onderwerpe: ouer alientasie, slegte selfbeeld, mede-afhanklikheid, kompulsiewe seksuele gedrag, herstel van verslawing, en bystand aan familie en geliefdes van verslaafdes. Kontak my op my “Kontak my” bladsy of bel my om meer inligting hieroor te kry.

Ek doen ook vergesseling. Indien ‘n verslaafge of stabiele psigiatriese pasiënt van een plek na ‘n ander vervoer moet word, binne of buite die landsgrense, dan vergesel ek hulle om veilige aankoms te verseker. Kontak my op my “Kontak my” bladsy of bel my om meer inligting hieroor te kry.

Ek en jy sal saamwerk om oplossings te vind vir jou uitdagende lewenssituasies. In ons strewe na positiewe eindresultate, sal ons nuwe en verskillende perspektiewe op jou probleme vind. Ek sal jou bystaan om gesonde en veilige besluite vir jou, op ‘n bewuste, rasionelele en goed ingeligte wyse te neem. Ons werk saam in ‘n warm en empatiese atmosfeer van aanvaarding.

Ons werk aan JOU – aan wat jy bewustelik, in die hier en nou, ervaar. Ons prosesseer hierdie gebeure en gevoelens om jou ongemak daarrondom te verwyder.

Hierdie is terapie – hier is jy, in veiligheid en volle konfidensialiteit, vry om jou hart, oor alles wat jou pla, teenoor ‘n opgeleide professionele persoon uit te praat. Ons gaan fokus op ongemaklike, pynvolle en verwarrende gedrag, gedagtes, oortuigings, en gevoelens. Ons mik daarna om jou lewe beter te maak, sodat jy ‘n geestelike gesonder weergawe van jouself kan word, sodat jy die bes moontlike lewe kan leef.

Dit word van jou verwag om oor jouself en wat jy deurmaak te gesels. Daardeur sal ons jou pynlike gevoels verwerk, jou verhoudings verbeter en jou self-verwoestende gedrag en gewoontes verander. Ons sal strategies werk om mylpale te stel en te bereik en om die algehele kwaliteit van jou lewe te verbeter.

Jy kan van my verwag om na jou te luister, vir jou gepaste terugvoer te gee en om jou by te staan op hierdie reis. Jy kan ook konfidensialiteit, etiese gedrag en ‘n algehele helende ondervinding te wagte wees.